Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 19 JUNIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

DIE HOOF DOEL VAN DIE SARL

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA TOP BAND QSO-GESELLIGHEID

NUWE BHF MOONTLIKHEDE OP DIE HORISON

OOS RAND RADIO KLUB WINTER SNUFFELMARK

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

DAGBOEK VAN GEBEURE

** Die hoofdoel van ‘n Radio Liga is om Amateur Radio in sy eie land te beskerm en hierdie feit moet aan alle radio amateurs tuis gebring word. Wynand, TY2CD, het dit bevestig in sy onlangse plasing in die SARL gesprekforum waar hy noem dat die waarde van die SARL wat aan ons almal voorgehou moet word as volg is:

Die SARL is ‘n erkende kanaal vir onderhandeling met die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid Afrika (OKOSA) aangaande die status, regulasies en voorregte van Amateur Radio in Suid Afrika.

Die SARL is die nasionale lede vereniging wat Suid Afrika in die Internasionale Amateur Radio Unie (IARU) verteenwoordig.

Die SARL moet aktief amateur radio toegewysde frekwensies beskerm.

Die SARL behartig gereeld amateur radio eksamens.

Die SARL fasiliteer wedersydse en gaslisensiëring.

Wetenskaplike en opvoedkundige samewerking met ander organisasies word deur die SARL bevorder.

Die voortbestaan van die SARL as die organisasie wat met die bogenoemde vertrou kan word, vereis maksimum lidmaatskap van amateurs.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Top Band QSO-geselligheid is 'n prettige aktiwiteit om kontakte op 160 meter tussen radioamateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder en om radioamateurs aan te moedig om aansoek te doen vir die Liga se Top Band-toekenning. Die QSO-geselligheid is oop vir alle gelisensiëerde amateurs wat toegang het tot die 160 m-band.

Die QSO-geselligheid strek vanaf 00:01 UTC op Donderdag 23 Junie 2016 tot 23:59 UTC op Maandag 27 Junie 2016 met CW aktiwiteit tussen 1 810 en 1 838 kHz en foon aktiwiteit tussen 1 840 en 2 000 kHz. Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en jou provinsiale of land afkorting. Elke stasie kan een keer per modus gewerk word, maw een keer op foon en een keer op gelykgolf.

Elke QSO tel drie (3) punte en elke Suid-Afrikaanse roep gebied en elke DXCC land gewerk kry vyf (5) addisionele bonuspunte. Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein Top Band," moet teen 4 Julie 2016 ingedien word per e-pos aan contest@sarl.org.za.

** Ons is tans besig om die Maunder Minimum binne te gaan, ‘n periode van minimum sonvlekke wat etlike dekades kan duur. F2 voortplanting wat DX op 50 MHz veroorsaak gedurende die hoogty van die sonsiklus, is nou verby. Gelukkig het ons 26 amateurbande met heelwat ander tipes voortplanting oor om mee te speel.

Die ITU het 12 amateurradio bande in Streek 1 onder 30 MHz aan die amateurradio diens toegewys. Hierdie bande dek net minder as 3,6 MHz bandwydte en voortplanting word daagliks deur die son beïnvloed. Daarteenoor, is 14 amateur bande is die RSA toegewys op BHF, UHF, SHF and EHF met ‘n totale bandwydte van 23,6 GHz. So moenie al jou BHF toerusting wegpak nie. Daar is nog baie frekwensies oor om te ontdek en mee te speel!

** Die winter snuffelmark van die Oos Rand Radio Klub word op 2 Julie om 12H00 by hul klubhuis in Ebenezerstraat in Arrowe Park, Benoni gehou. Moenie die spesiale aanbiedings en die veiling wat tydens die snufflemark gehou word, mis nie. Maak seker dat jy daar is en bring jou hele gesin en sommer baie geld saam. Vir meer inligting, kontak gerus vir Judy via e-pos op zs6erb@gmail.com. Om ‘n tafel te bespreek vir slegs R20, kontak vir Judy op 0797302030 of zs6erb@gmail.com. Kom proe die beste boerewors wat jy nog ooit geproe het.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 25 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer na gebeure vir die volgende paar weke

23 - 27 Junie – Die Suid-Afrikaanse Radioliga Top Band QSO-geselligheid
2 Julie – Oos Rand Radio Klub Winter Snuffelmark

** Om die bulletin mee af te sluit ‘n opsomming van ons hoofberig: Die hoofdoel van ‘n Radio Liga is om Amateur Radio in sy eie land te beskerm en hierdie feit moet aan alle radio amateurs tuis gebring word.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003